Plekke Met Potensiaal Vir Ontploffing; Sertifiserings Informasie - Nokia 150 2020 Manual

Hide thumbs Also See for 150 2020:
Table of Contents

Advertisement

Available languages

Available languages

Nokia 150 (2020) Gebruikersgids

PLEKKE MET POTENSIAAL VIR ONTPLOFFING

Skakel jou toestel af op plekke met potensiaal vir ontploffing, bv. naby petrolpompe. Vonke
kan dalk 'n ontploffing of brand veroorsaak, wat kan lei tot beserings of die dood. Kyk uit
vir inperkings op plekke met brandstof, chemiese aanlegte, of waar plofstof gebruik word.
Plekke waar daar 'n potensiaal is vir ontploffings, is nie altyd duidelik gemerk nie. Dit is
gewoonlik plekke waar jy aangeraai word om jou enjin af te skakel, onder die dek op bote,
chemieseoordrag- of -berging-fasiliteite, en waar die lug chemikalieë of deeltjies bevat. Vind
by vervaardigers van voertuie wat vloeibare petroleumgas gebruik (bv. propaan of butaan) uit
of hierdie toestel veilig daarmee saam gebruik kan word.

SERTIFISERINGS INFORMASIE

Hierdie mobiele toestel voldoen aan riglyne vir blootstelling aan radiogolwe.
Jou mobiele toestel is 'n radiosender en -ontvanger. Dit is só ontwerp dat dit nie die limiete vir
blootstelling aan radiogolwe (radiofrekwensie elektromagnetiese velde) sal oorskry wat deur
internasionale riglyne van die onafhanklike wetenskaplike organisasie ICNIRP aanbeveel word
nie. Hierdie riglyne bevat aansienlike veiligheidsmarges wat probeer verseker dat alle mense
beskerm word ongeag hul ouderdom en gesondheid. Die blootstellingsriglyne is gegrond op die
spesifieke absorpsiekoers (SAR), dit is 'n uitdrukking van hoeveel radiofrekwensie (RF) krag na
die kop of liggaam oorgedra word wanneer die toestel seine oordra. ICNIRP se SAR-limiet vir
mobiele toestelle is 2,0 W/kg gemiddeld oor 10 gram weefsel.
SAR-toetse word uitgevoer terwyl die toestel in posisies gehou word waarin dit gewoonlik
gebruik sal word, terwyl dit seine in al sy frekwensiebande teen sy hoogste gesertifiseerde
kragvlak oordra.
Hierdie toestel voldoen aan RF-blootstellingsriglyne wanneer dit teen die kop gebruik word
of wanneer dit ten minste 1,5 cm (5/8 duim) van die liggaam af geposisioneer word. As jy die
toestel in 'n tassie, gordelknip of ander soort houer wat aan jou lyf gedra word, sit, moet dit
nie metaal bevat nie en moet dit ten minste die bogenoemde afstand van die liggaam af gehou
word.
Om data of boodskappe te stuur, word 'n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie
dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstand-
aanwysings totdat die toestel klaar gestuur het.
Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat
hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van
stelseldoeltreffendheid en om steuring op die netwerk te minimaliseer, outomaties verminder
word wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die
SAR-waarde.
Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê.
Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan
dalk 'n uitwerking op die SAR-waardes hê.
Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra
selfs al maak jy nie 'n stemoproep nie.
© 2023 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou.
27

Advertisement

Table of Contents
loading

This manual is also suitable for:

Ta-1235

Table of Contents