Nokia 105 4G 2021 Manual page 22

Hide thumbs Also See for 105 4G 2021:
Table of Contents

Advertisement

Available languages

Available languages

Nokia 105 4G 2021 Gebruikersgids
uiteindelik ingee. Wanneer jy agterkom die praat- en bystaan-tye raak merkbaar korter as
normaal, vervang die battery.
Toestelle met 'n battery wat nie kan uithaal nie Moenie probeer om die battery uit te haal nie,
want jy kan dalk die toestel beskadig. Die battery kan honderde kere gelaai of ontlaai laat word,
maar dit sal uiteindelik ingee. Wanneer jy agterkom die praat- en bystaan-tye raak merkbaar
korter as normaal, neem die toestel na die naaste gemagtigde diensfasiliteit om die battery te
vervang.
Laai jou toestel met 'n versoenbare laaier. Die soort prop van die laaier kan wissel. Laaityd kan
wissel, afhangend van toestelkapasiteit.
Battery- en laaier-veiligheidsinligting
Wanneer jou toestel klaar gelaai is, moet jy die laaier uit die toestel en elektriese uitlaatpunt
ontprop. Let asseblief dat die toestel nie vir langer as 12 uur aanhoudend gelaai moet word nie.
As 'n volgelaaide battery ongebruik gelaat word, kan dit mettertyd pap raak.
Uiterste temperature verminder die battery se kapasiteit en leeftyd. Hou altyd die battery
tussen 15 °C en 25 °C (59 °F en 77 °F) vir optimale werking. 'n Toestel met 'n warm of koue
battery kan dalk tydelik nie werk nie. Let wel dat die battery dalk vinnig in koue temperature
kan leegloop en genoeg krag kan verloor om die foon binne minute af te skakel. Hou jou foon
warm, wanneer jy buite in koue temperature is.
Kom plaaslike regulasies na. Herwin indien moontlik. Moenie dit as huishoudelike afval weggooi
nie.
Moenie die battery blootstel aan buitengewone lae lugdruk of dit aan buitengewone hoë
temperatuur nie, dit byvoorbeeld in die vuur gooi, want dit kan veroorsaak dat die battery kan
ontplof of brandbare vloeistof of gas kan lek.
Moenie die battery uitmekaarhaal, sny, platdruk, buig, 'n gat daarin steek of dit op enige ander
manier beskadig nie. As 'n battery lek, moenie dat die vloeistof op jou vel of in jou oë kom nie.
As dit gebeur, spoel die aangetaste dele onmiddellik met water, of verkry mediese hulp. Moenie
die battery probeer aanpas, vreemde voorwerpe daarin probeer steek, of dit in water of ander
vloeistowwe dompel of daaraan blootstel nie. Batterye kan dalk ontplof as dit beskadig.
Gebruik die battery en laaier slegs vir hul beoogde doeleindes. Onbehoorlike gebruik, of om
niegoedgekeurde of onversoenbare batterye of laaiers te gebruik, kan moontlik lei tot brand,
ontploffing of ander gevaar, en kan dalk enige goedkeuring of waarborg ongeldig maak. As jy
vermoed die battery of laaier is beskadig, neem dit na 'n dienssentrum of jou foon se handelaar
voordat jy dit verder gebruik. Moet nooit 'n beskadigde battery of laaier gebruik nie. Gebruik
die laaier slegs binnenshuis. Moenie jou toestel tydens 'n donderstorm laai nie. Wanneer die
laaier nie ingesluit is in die verkooppak nie, laai u toestel met die gebruik van die datakabel
(ingesluit) en 'n USB-kragadapter (mag apart verkoop word). U kan u toestel laai met kabesl
en kragadapters van derdepartye wat voldoen aan USB 2.0 of later voldoen en toepaslike
landsregulasies, internasionale en streeksveiligheide standaarde. Ander adapters voldoen
miskien nie aan toepaslike veiligheidstandaarde nie en laai met sulke adapters kan 'n risiko van
eiendom verlies of persoonlike besering inhou.
Om 'n laaier of bykomstigheid te ontprop, hou en trek die prop, nie die kabel nie.
© 2023 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou.
22

Advertisement

Table of Contents
loading

Table of Contents