Taurus Servidor 980300 Manual page 8

Buffet server
Table of Contents

Advertisement

Available languages

Available languages

6.
Verwyder die prop uit die muursok.
7.
Laat die toestel heeltemal afkoel voordat die groot pan
of borde skoongemaak word.
8.
Verwyder alle kos wat aan die buffet se houers vas
sit.
Belangrike aantekeninge:
1.
Dit is belangrik om alle gaar kossoorte op 'n 600ºC
temperatuur te hou vir 'n lang tydperk om enige
siektes wat deur kos gedra word te verhoed.
2.
Dit word aanbeveel dat die temperatuur van die kos
kort-kort met 'n kostermometer te toets terwyl dit
bedien word.
3.
Alle voedsel het verskillende digthede sodat
afhangende van wat opgedien word, die temperatuur
sal moet aangepas word na hoër of laer om die
minimum van 600ºC te handhaaf.
4.
Temperature mag wissel terwyl die kos bedien word
en die inhoud van die groot pan en/of buffetbedieners
geledig word.
5.
Die temperatuur mag ooreenstemmend gewysig word
om oor- en onderverhitting van voorbereide kos te
verhoed.
1.
OM DIE VERWARMINGSBORD ALLEEN TE GEBRUIK
1.1. Met die temperatuur beheer in die "OFF" posisie, prop
die toestel in 'n geaarde sok.
1.2. Moenie die groot pan of buffetbedieners gebruik nie.
1.3. Maak die verwarmingsbord deeglik skoon voor
gebruik. Verwys na die Sorg en die Skoonmaak
Instruksies van hierdie handleiding.
1.4. Stel die temperatuur beheer in op die "Warming tray".
1.5. Plaas die kos op die verwarningsbord om dit warm te
hou. Hierdie bord is nie bestem vir die kook van kos
of om dit te ontvries nie.
NB: Moenie die deursigtige koepeldeksels op die
verwarmer se oppervlak plaas nie.
1.6. Kos moet op die verwarmingsbord gehou word vir
'n korter tydperk as wanneer die groot pan en/of
die buffetbedieners bo-op is omdat dit nie bedek is
nie. Die tyd wat aanbeveel word is 2-3 uur om die
uitdroog van kos te verhoed.
1.7. Sodra die verwarmingsbord klaar gebruik is, stel die
temperatuur beheerknop op die "OFF" posisie en trek
die prop uit die sok.
1.8. Laat die toestel heeltemal afkoel voor die skoonmaak
en storing daarvan.
2.
GEBRUIK VAN DIE VERWARMINGSBORD SAAM
MET DIE GROOT PAN EN BUFFETBORD
2.1. Met die temperatuur beheer op die "OFF" posisie,
prop die toestel in 'n geaarde sok.
2.2. Maak die oppervlak deeglik skoon en droog goed af
voor gebruik. Sien Sorg en Skoonmaak Instruksies
van hierdie handleiding.
2.3. Stel die temperatuur beheerknop op Medium in. NB:
Dit is belangrik om te onthou dat die buffetborde
binne-in die groot pan gebruik word, die temperatuur
beheerknop op Medium is sodat dit die minimum
temperatuur van 1400ºC kan bereik.
2.4. Die buffetbediener kan vir 'n langer tydperk gebruik
word om kos warm te hou as die deksels gebruik
word. Dit word aanbeveel dat kos nie vir langer as 4
ure warm gehou word nie omdat die kos sal begin
uitdroog.
2.5. Sodra die verwarmingsbord klaar gebruik is, draai die
Beheerknop weer na die "OFF" posisie en trek dit uit
die sok.
2.6. Laat die toestel heeltemal afkoel voor dit
skoongemaak word en gestoor word.
3.
Temperatuur stellings
3.1. Alle kossoorte het verskillende digthede en mag 'n
laer of hoër temperatuur stelling vereis om die kos
warm te hou. Byvoorbeeld, 'n hoër temperatuur
stelling sal nodig wees om kapokaartappels warm te
hou en laer temperature vir sous word vereis.
3.2. Alle warm kossoorte moet 'n temperatuur van 600ºC
handhaaf om die gevaar van siektes wat deur kos
versprei word te vehoed.
3.3. Gebruik 'n kostermometer om die temperatuur van
kos te moniteer en verstel die temperatuur na gelang
om die 600ºC te handhaaf. Dit word aanbeveel dat
die temperatuur van die kos kort-kort gemeet word
wanneer kos oor 'n lang tydperk bedien word.
3.4. Baie faktore beïnvloed die temperatuur van kos.
Hierdie eenheid is ontwerp om 'n minimum
temperatuur (sien onder) vir elke stelling te bereik.
Verwarmingsbord: 650ºC
Hierdie stelling word gebruik as kos direk op die
verwarmingsbord geplaas word.
Aantekeninge: Die temperatuur reeks onder word
gemeet met die groot pan en/of
bo-op die verwarmingsbord.
Laag: 700ºC Dit is die laagste stelling as die groot
pan gebruik word op die verwarmingsbord.
Medium: 760ºC Dit is die minimum stelling as die
groot pan en buffetpanne op die verwarmingsbord
gebruik word.
Hoog: 800ºC Hierdie stelling sal gebruik word om kos
op 'n hoër temperatuur te hou as die groot pan en./
of buffetborde gebruik word. Aantekeninge: As kos
direk op die verwarmingsbord alleenlik geplaas
word, gebruik die Verwarmingsbord stelling.
Aantekeninge: Die Low-Medium-High is stellings
vir gebruik van die groot pan of buffetbedieners.
Die oppervlakte hitte van die verwarmingsbord sal
baie warmer wees as die boonste reeks ten einde
hitte van die verwarmingsbord na die groot pan
en/of buffetbedieners. Aantekeninge: Uitgebreide
gebruik oor 'n lang tydperk teen hoë temperature
kan verkleuring van die buffetborde veroorsaak en
skroei mag op die verwarmingsbord voorkom.
4.
Nuttige wenke
4.1. As warm of baie warm kosse bedien word, kan die
buffetborde in die oond warm gemaak word voor kos
daarin gesit word om die temperatuur hoog te hou
gedurende bediening.
4.2. Water kan ook binne-in die groot pan gebruik word
om te verseker dat kos eweredig warm word sonder
om té warm kolle te veroorsaak.
5.
SKOONMAAK EN ONDERHOUD
5.1. Hierdie toestel is slegs vir huishoudelike gebruik en
nie deur die gebruiker gediens word nie.
5.2. Moenie die toestel self oopmaak of onderdele probeer
vervang nie. Neem dit liewer na 'n gekwalifiseerde
person of stuur dit terug na die vervaardiger vir diens.
5.3. Onthou om altyd die toestel te ontkoppel uit die sok
as dit nie in gebruik is nie en voor dit skoongemaak
word.
buffetbedieners

Advertisement

Table of Contents
loading

Table of Contents