Taurus Servidor 980300 Manual page 7

Buffet server
Table of Contents

Advertisement

Available languages

Available languages

AFRIKAANS HANDLEIDING
Geagte kliënt,
Baie dankie vir u keuse om 'n Taurus handelsmerk produk
te koop. Danksy die tegnologie, ontwerp en werking en die
feit dat dit voldoen aan die strengste gehalte standaarde,
is u verseker van 'n volle bevredigende gebruik en lang
produklewe.
BELANGRIKE VOORSORG EN WAARSKUWINGS !
Wanneer enige elektriese toerusting gebruik word, moet
basiese veiligheidsmaatreëls altyd gevolg word, insluitende
die volgende:
1.
Lees die instruksies baie noukeurig voordat enige
apparaat gebruik word.
2.
Maak altyd seker dat die stroomspanning op die etiket
ooreenkom met die netspanning in jou huis.
3.
Die verkeerde en onvanpaste gebruik kan die toestel
beskadig en beserings vir die gebruiker veroorsaak.
4.
Die toestel word slegs vir huishoudelike gebruik
bedoel. Kommersiële gebruik kan die waarborg
benadeel.
5.
Let daarop dat hierdie toestel warm word gedurende
gebruik!
6.
Streng toesig word vereis as die toestel naby kinders
of diegene met ouderdomsgebreke gebruik word.
7.
Hierdie toestel is nie bedoel vir die gebruik van
persone(insluitende kinders) met verlaagde fisiese,
sensoriese of verstandelike vermoëns nie, of geen
ervaring of kennis daarvan tensy hulle onderrig
daarin gegee is onder streng toesig deur 'n persoon
verantwoordelik vir hulle veiligheid.
8.
Inspekteer die kragkoord en die prop gereeld vir enige
skade. Sou die prop of koord beskadig wees, moet
dit deur die vervaardiger of 'n gekwalifiseerde persoon
vervang word ten einde 'n elektiese gevaar te vermy.
9.
Moet nie die toestel gebruik as dit geval het of op
enige wyse beskadig is nie. Ingeval daar skade
is, neem die toestel vir inspeksie/herstel na 'n
gemagtigde diensagent.
10. Verwyder die prop uit die muursok deur die prop
stewig vas te hou. Moet nooit die koord gebruik om
dit uit te trek nie. Trek altyd die prop uit as die toestel
nie in gebruik is nie, vir skoonmaak,of die byvoeging
of verwydering van onderdele.
11. Die gebruik van toebehore wat nie deur die
vervaardiger verskaf of aanbeveel is nie, mag
beserings, brand of elektriese skokke veroorsaak.
12. 'n Kort koord word verskaf sodat die val, of
verstrengeling in 'n lang koord vermy kan word.
13. Moenie dat die koord oor 'n tafel of toonbank hang
nie. Verseker dat die koord in 'n posisie is waar dit nie
per ongeluk getrek kan word nie.
14. Moenie dat die koord warm oppervlakke aanraak nie
en moet dit nie naby of op 'n oop vlam of 'n elektriese
plaat of in 'n warm oond plaas nie.
15. Die toestel moet nie op of naby 'n gasvlam of kook
oppervlak geplaas word nie.
16. Om ernstige brandwonde te vermy moenie warm
oppervlakke aanraak tewyl die toestel in gebruik is
nie.
17. Laat die toestel heeltemal afkoel na gebruik voordat
enige oppervlakke aangeraak word om ernstige
brandwonde te vermy.
18. Wanneer die toestel nie in gebruik is nie, draai die
temperatuur reguleerder na die "OFF" posisie en trek
die prop uit die muursok
19. Om brandwonde te vermy van die inhoud van die
buffetborde of groot pan, word aanbeveel dat voedsel
en/of vloeistowwe slegs tot 2/3 gevul word van die
groot pan of die buffetborde.
20. Moet nooit die verwarmingsbord of die buffetborde
bo-op die die toestel dra of beweeg nie. Elke pan of
bord moet apart gedra word om brandwonde van
warm voedsel of vloeistof te vermy.
21. Om beskadiging van die toestel se buffetbediener te
vermy moet dit nie gebruik word sonder voedsel of
vloeistof in die groot pan of buffetbedieners nie.
22. Die gebruik van toebehore nie aanbeveel deur die
toestel se vervaardiger nie mag brand, elektriese
skokke of beserings veroorsaak en moet vermy word.
23. Die gebruik van 'n verlengingskoord met hierdie
toestel word nie aanbeveel nie.
24. Hierdie toestel is nie geskik vir gebruik buite nie.
Moenie hierdie toestel gebruik vir enigiets anders as
waarvoor dit vervaardig is nie.
25. MOET NOOIT die toestel aan sy kragkoord dra nie.
26.
Moenie hierdie toestel alleen sonder toesig laat as dit
in werking is nie. Trek altyd die prop uit as die toestel
nie gebruik word nie of as dit skoongemaak word.
27. Gebruik altyd die toestel op 'n stabiele tafel wat gelyk
is en stewig staan. Hierdie toestel moet nie op 'n
warm oppervlak gebruik word nie.
28. Draai die toestel na die "OFF" posisie, ontkoppel dit
van die muursok, en laat die Verwarmingsbord, Groot
pan en Buffetbediener heeltemal afkoel voordat hulle
skoongemaak word.
29. Om teen elektriese skokke te beskerm en te vermy,
moet nie die verwarmingsbord of kragkoord in water
of vloeistof dompel nie.
30. Die vervaardiger aanvaar geen verantwoordelikheid
vir enige skade of besering vir ongeoorloofde of
verkeerde gebruik van die toestel nie of herstelwerk
deur 'n ongemagtigde persoon nie.
31. In die geval van tegniese probleme, skakel die toestel
af en ontkoppel die buffetbediener en moenie probeer
om dit self te herstel nie. Neem die toestel na 'n
gemagtigde dienssentrum vir ondersoek, aanpassing
of herstel.
Dring altyd daarop aan dat oorspronklike onderdele gebruik
word. Versuim om die boonste veiligheidsmaatreëls en
instruksies te gehoorsaam, kan die veilige werking van die
toestel affekteer.
NOTA: VOOR DIE EERSTE GEBRUIK , VUL ELKE BAK MET
WATER EN SKAKEL DIE BUFFETBEDIENER AAN VIR 30
MINUTE, GOOI DAN DIE WATER UIT EN HERHAAL. MAAK
DIE TOESTEL DEEGLIK SKOON VOOR DIT GEBRUIK
WORD.
WERKINGSINSTRUKSIES
BEGIN DEUR DIE BUFFETBEDIENER TE GEBRUIK
1.
Met die temperatuur beheerder op die "OFF" posisie,
prop die kragkoord in die geaarde elektriese sok.
2.
Die kragwyserlig is blou. Die rooi kragwyserlig sal
rooi word terwyl die toestel opwarm tot die gewenste
temperatuur of aanpas om 'n eweredige temperatuur
te handhaaf. Sodra die rooi lig afskakel het die toestel
die gewenste temperatuur bereik.
3.
Plaas die vooraf verhitte kos in die groot pan of elke
buffetbord soos verkies.
4.
Pas die gewenste temperatuur aan op die stelknop.
5.
Sodra die buffetbediener klaar gebruik is, draai die
temperatuur beheer na die "OFF" posisie.

Advertisement

Table of Contents
loading

Table of Contents