Voertuie; Plekke Met Potensiaal Vir Ontploffing; Sertifiseringsinligting (Sar) - Nokia 3310 3G Manual

Hide thumbs Also See for 3310 3G:
Table of Contents

Advertisement

Nokia 3310 3G Gebruikergids
• Wees versigtig as jy boodskappe oopmaak.
Dit kan dalk skadelike sagteware bevat
of andersins skadelik vir jou toestel of
rekenaar wees.
• Wees versigtig wanneer jy
verbindingsversoeke aanvaar, op die
internet blaai of inhoud aflaai. Moenie
Bluetooth-verbindings aanvaar van bronne
wat jy nie vertrou nie.
• Installeer en gebruik slegs dienste en
sagteware van bronne wat jy vertrou en
wat voldoende sekuriteit en beskerming
bied.

VOERTUIE

Radioseine kan onbehoorlik geïnstalleerde of onvoldoende afgeskermde elektroniese stelsels
in voertuie affekteer. Kontak jou voertuig of sy toerusting se vervaardiger vir meer inligting.
Slegs gemagtigde personeel behoort hierdie toestel in 'n voertuig te installeer. As dit verkeerd
geïnstalleer word, kan dit gevaarlik wees en jou waarborg ongeldig maak. Kontroleer gereeld
dat alle draadlose toerusting in jou voertuig behoorlik geïnstalleer is en goed werk. Moenie
vlambare of plofbare materiale in dieselfde kompartement as die toestel, sy onderdele of
bykomstighede berg of dra nie. Moenie jou toestel of bykomstighede op die plek waar die
lugsak is, sit nie.

PLEKKE MET POTENSIAAL VIR ONTPLOFFING

Skakel jou toestel af op plekke met potensiaal vir ontploffing, bv. naby petrolpompe. Vonke
kan dalk 'n ontploffing of brand veroorsaak, wat kan lei tot beserings of die dood. Kyk uit
vir inperkings op plekke met brandstof, chemiese aanlegte, of waar plofstof gebruik word.
Plekke waar daar 'n potensiaal is vir ontploffings, is nie altyd duidelik gemerk nie. Dit is
gewoonlik plekke waar jy aangeraai word om jou enjin af te skakel, onder die dek op bote,
chemieseoordrag- of -berging-fasiliteite, en waar die lug chemikalieë of deeltjies bevat. Vind
by vervaardigers van voertuie wat vloeibare petroleumgas gebruik (bv. propaan of butaan) uit
of hierdie toestel veilig daarmee saam gebruik kan word.

SERTIFISERINGSINLIGTING (SAR)

Hierdie mobiele toestel voldoen aan riglyne vir blootstelling aan radiogolwe.
Jou mobiele toestel is 'n radiosender en -ontvanger. Dit is só ontwerp dat dit nie die limiete vir
blootstelling aan radiogolwe (radiofrekwensie elektromagnetiese velde) sal oorskry wat deur
internasionale riglyne van die onafhanklike wetenskaplike organisasie ICNIRP aanbeveel word
© 2019 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou.
• Installeer antivirus- en ander
sekuriteitsagteware op jou toestel en alle
gekoppelde rekenaars. Gebruik net een
antivirusprogram op 'n slag. As jy meer as
een gebruik, kan dit die werking van die
toestel en/of rekenaar affekteer.
• As jy vooraf geïnstalleerde boekmerke en
skakels na derdeparty-webwerwe besoek,
neem die nodige voorsorgmaatreëls. HMD
Global onderskryf nie sulke werwe nie en
aanvaar geen aanspreeklikheid daarvoor
nie.
48

Advertisement

Table of Contents
loading

Table of Contents