Copyrights And Other Notices - Nokia 3310 Manual

Hide thumbs Also See for 3310:
Table of Contents

Advertisement

Nokia 3310 Gebruikergids
Jou mobiele toestel is 'n radiosender en -ontvanger. Dit is só ontwerp dat dit nie die limiete vir
blootstelling aan radiogolwe (radiofrekwensie elektromagnetiese velde) sal oorskry wat deur
internasionale riglyne van die onafhanklike wetenskaplike organisasie ICNIRP aanbeveel word
nie. Hierdie riglyne bevat aansienlike veiligheidsmarges wat probeer verseker dat alle mense
beskerm word ongeag hul ouderdom en gesondheid. Die blootstellingsriglyne is gegrond op die
spesifieke absorpsiekoers ("SAR" in Engels). Dit is 'n uitdrukking van hoeveel radiofrekwensie-
(RF) krag na die kop of liggaam oorgedra word wanneer die toestel seine oordra. ICNIRP se SAR-
limiet vir mobiele toestelle is 2,0 W/kg gemiddeld oor 10 gram weefsel.
SAR-toetse word uitgevoer terwyl die toestel in posisies gehou word waarin dit gewoonlik
gebruik sal word, terwyl dit seine in al die frekwensiebande teen die hoogste gesertifiseerde
kragvlak oordra.
Verwys asseblief na
www.nokia.com/phones/sar
vir die toestel se maksimum SAR-waarde.
Hierdie toestel voldoen aan RF-blootstellingsriglyne wanneer dit teen die kop gehou word
of wanneer dit minstens 1,5 cm (5/8 duim) van die liggaam af geposisioneer word. As jy die
toestel in 'n tassie, gordelknip of ander soort houer wat aan jou lyf gedra word, sit, moet dit
nie metaal bevat nie en moet dit ten minste die bogenoemde afstand van die liggaam af gehou
word.
Om data of boodskappe te stuur, word 'n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie
dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstand-
aanwysings totdat die toestel klaar gestuur het.
Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat
hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van
stelseldoeltreffendheid en om steuring op die netwerk te minimaliseer, outomaties verminder
word wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die
SAR-waarde.
Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê.
Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan
dalk die SAR-waardes affekteer.
Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra
selfs al maak jy nie 'n stemoproep nie.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dui huidige wetenskaplike kennis nie daarop
dat spesiale voorsorgmaatreëls tydens die gebruik van mobiele toestelle geneem hoef word
nie. Indien jy graag jou blootstelling wil verminder, beveel hulle aan dat jy jou gebruik beperk,
of 'n handevry-stel gebruik om die toestel ver van jou lyf en kop te hou. Vir meer inligting oor,
en verduidelikings van en besprekings oor RF-blootstelling, besoek die WGO se webwerf by
www.who.int/peh-emf/en.

COPYRIGHTS AND OTHER NOTICES

Declaration of Conformity
Hereby, HMD Global Oy (Ltd.) declares that this product is in compliance with the essential
© 2019 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou.
45

Hide quick links:

Advertisement

Table of Contents
loading

Table of Contents